Eskort Limited - Life's Delicious :: Customer Care 0800 203 193 ::
Pizza met Winkeldeeg
Pizza met Winkeldeeg

Die naaswenner in ons Eskort-gesinsresepkompetisie, Angelique Liebenberg, kombineer Suid Afrikaners se liefde vir braai met 'n gereg wat in amper almal se smaak val: pizza!

Nadat honderde inskrywings geproe en beoordeel is, het Angelique se pizzagereg die beoordelaars genoegsaam beïndruk om aan haar die tweede plek toe te ken. 

Carmen Niehaus, Huisgenoot se kosredakteur, hou van die idee dat Angelique kortpad vat deur sommer ’n bol winkeldeeg te gebruik om die pizzabasisse mee te berei. Dit bied ook ’n geleentheid aan familie en vriende om gesellig te verkeer terwyl die pizzas berei word.

“Ons het onlangs eers met die idee vorendag gekom,” sê Angelique. “Dis vir ons spesiaal omdat elke lid van die gesin kan deelneem om hul pizza te bou en nie net een braaier heeltyd voor die vuur hoef te staan nie.”

Angelique geniet dit om vir kompetisies in te skryf en het jare gelede ook ’n resep vir groentelasagne vir Huisgenoot se Wenresepte ingestuur en R1000 gewen.

Dit was ’n groot verrassing toe sy hoor sy’t die tweede prys losgeslaan in Eskort se kompetisie. “Ek was in ekstase en het amper van my stoel afgeval! My ma en dogter het soos pompommeisies tekere gegaan toe ek die goeie nuus met hulle deel!” vertel sy laggend.

Sy gebruik Eskort-produkte minstens twee maal per week wanneer sy kos maak, sê Angelique, omdat dit so bekostigbaar en smaaklik is. Wenke wat sy graag met lesers wil deel wat haar resep op die proef wil stel, is om matige kole te gebruik en gerus met Eskort-produkte op pizzas te eksperimenteer.

Angelique stap weg met R1 000 se Spree-geskenkbewyse, ’n digitale intekening op Huisgenoot en ’n afskrif van die Eskort 100 Years 100 Recipes-resepteboek. Haar resep sal op Huisgenoot se webtuiste en in ’n Oktober-uitgawe van die tydskrif verskyn.

Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 20 min.
Lewer: 4 pizzas

Bestanddele:

 

200 g

Eskort- Bladspek

500 g

Eskort- Gerookte Weense Worsies, in stukke gesny

1

bol winkeldeeg, in 4 stukke gebreek

1 blik;

tamatie-en-uiesmoor

10 ml

gekapte knoffel

 

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

250 g

mozzarellakaas, gerasper

100 g

babaspinasie

 

roketblare vir afronding

Metode:

  • Voorverhit die oond tot 200°C.

  • Rol elke stuk deeg so dun moontlik uit.

  • Bestuif 4 bakplate goed met meel en plaas ’n deegbasis op elk. Bak sowat 8 - 10 minute of tot net gaar.

  • Meng die smoor met die knoffel en geur na smaak met die sout en peper.

  • Smeer ’n bietjie van die tamatiesmoor oor elk van die pizzas en sprinkel die kaas ruimskoots oor.

  • Rangskik die Weense worsies en spekvleis bo-op, plaas ’n paar spinasieblare op en bak sowat 8 minute of tot die kaas gesmelt en die spekvleis gaar is.

  • Stapel nog spinasieblare en die roket op elke pizza en sit voor.

Oor die vuur:

  • Maak vuur soos verkies. Die pizzas word oor matige hitte gebraai op ’n rooster.

  • Plaas die deegbasisse op die rooster en braai net aan die een kant tot ligbruin.

  • Haal die pizzas van die rooster af, draai hulle om en plaas die “rou” kant na onder op die rooster.

  • Die harder ligbruin kant moet na bo wys. 

  • Smeer ’ tamatielaag bo-op elke pizzakors.

  • Sprinkel die kaas mildelik oor en rangskik die spekvleis, Weense worsies en ’n paar spinasieblare bo-op. 

  • Braai tot die kaas lekker gesmelt en die deeg aan die onderkant ligbruin is.

 
Recipe Meal Types: - Mother's Day Special - Lunch Box - Lunch - Kids Recipes - Dinner - Entertaining - Braai
The following products can be used with this recipe:
Eskort Rindless Back Bacon

Eskort Smoked Viennas

Quick Recipes Search
 
Eskort's on Facebook See Eskort on Facebook
Eskort Customer Care
0800 203 193
info@eskort.com
Search the whole Eskort Site
Like this page on Facebook
Website Security Test