Eskort belê deur fonds R25 000 in kinders

Die Beeld-Kinderfonds het vandeesweek ’n skenking van R25 000 van die voedsel maatskappy Eskort ontvang.

Adrie van Staden, hoof van die fonds, bedank die bestuur van Eskort, in die besonder Arnold Prinsloo, bedryfshoof, vir die merkwaardige bydrae.

“Die Kinderfonds het oor die jare hoofsaaklik op geleenthede soos gholfdae staatgemaak om geld in te samel en nou het dit weggeval. Ek is daarom opreg dankbaar vir Eskort se mooi gesindheid.”

Marcelle Pienaar, groep bemarkingsbestuurder van Eskort, sê dis vir hulle belangrik om in gemeenskappe te belê.

“Ons het ’n lang, goeie verhouding met die Beeld-Kinderfonds en neem gereeld aan die gholfdae deel. Omdat dit nie vanjaar kan plaasvind nie, wou ons steeds ’n skenking aan die fonds doen. Ons is gereeld betrokke by projekte wat gemeenskappe ondersteun.”

Pienaar sê in die staat van inperking het Eskort ook R1 miljoen se kospakkies in Estcourt en Heidelberg, asook by al hul fabriekswinkels, versprei.

“Ons het ook met die Saronsberg Charity Initiative in samewerking met die skilder Sam Nhlengethwa, wat in Heidelberg grootgeword het, ’n projek begin waar ons ’n Liberi-wynstel beskikbaar gestel het ten bate van die S halo m pleegsorg huis, Philani-gemeenskapsentrum en Rat hand a-kinderhuise vir gestremdes. Die R 750000 wat ons ingesamel het, word aangewend om die geriewe van dié kinderhuise in Heidelberg op te gradeer.

“Ons by Eskort besef ook daar is groot nood onder die boere in

Willowmore weens die droogte en het tien vragmotors met 500 bale voer aan hulle geskenk.”

Pienaar sê hulle is ook trots op hul negende Eskort-fabriekswinkel, wat sy deure in Honeydew oopgemaak het.

Van Staden sê die geld sal die Beeld-Kinderfonds in staat stel om te help met finansiering sodat kinders in die arm gemeenskappe van Pretoria na ’n kleuterskool kan gaan.

“Dis so belangrik dat alle kinders toegang kryt ot vroeë kin der ontwikkelingsprogramme. Di tis die grondslag van ’n kind se vermoë om te leer en te vorder op skool. Die doel met die Kinderfonds is om kinders te bemagtig en deur sulke programme behoeftige kinders oor tyd in staat te stel om uit die kringloop van armoede te breek.”

Adrie van Staden, hoof van die Beeld-Kinderfonds ontvang ’n tjek van R25 000 van Marcelle Pienaar, die groepbemarkingsbestuurder van Eskort.

This article originally appeared in The Beeld: https://www.pressreader.com/article/281633897649763